16 dae gelede
Dié boef kan nie boa of ba sê nie
Foto: sipa/Pixabay.com  ~ 

’N MAAIFOEDIE van Florence, Suid-Carolina, lyk dalk asof hy ’n bielie van ’n mielie in sy ontie het, maar dis eintlik net ’n rooistert-luislang wat hy in ’n pet shop gesteel het deur dit in sy broek te stop.

Die Florence-polisie sê CCTV footage wys hoe ’n man van tussen 35 en 40 jaar op 10 Augustus by die troeteldierwinkel instap en na die slangafdeling stap.

Die eienaar het onraad vermoed en gesien hoe die dodgy ou vinnig verkas.

Die video wys hoe die ou die slang in sy broek druk. Die cops soek hom nou op ’n klag van diefstal. UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters