3 maande gelede
Dali pak Zim-prez
Dali Mpofu
Dali Mpofu (File: City Press)  ~ 

SUID-AFRIKA se adv. Dali Mpofu gaan luidens berigte ’n regspan lei om Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa en sy Zanu-PF-party se sege in die verkiesing namens die opposisie te betwis.

Die Movement for Democratic Change (MDC) se alliansie het dié week gesweer hy sal die president se naelskraapse oorwinning in die hof omkeer oor hy met “diefstal en bedrog” gewen het.

Die MDC het tot Vrydag gehad om sy saak aanhangig te maak nadat Mnangagwa, ’n ou bondgenoot van Robert Mugabe, met 50,8% in laas week se verkiesing geseëvier het. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters