Verlede maand
Dalai Lama beter
NEW DELHI, INDIA - APRIL 4: Tibetan spiritual lead
Die Dalai Lama is Vrydagoggend uit die hospitaal ontslaan. Foto: Getty Images  ~ 

DIE Dalai Lama sê hy voel “normaal, amper normaal” nadat hy ontslaan is uit die hospitaal in Nieu-Delhi waar hy die afgelope week vir ’n borsinfeksie behandel is.

Die 83-jarige Tibettaanse geestelike leier het dít gesê nadat hy Vrydag ontslaan is. Hy is Dinsdag opgeneem nadat hy Dharamshala verlaat het om dokters in die hoofstad te gaan sien.

Hy sal waarskynlik dié week terugkeer na die stad in die noorde van Indië. Hy woon daar sedert hy in 1959 uit Tibet gevlug het ná ’n mislukte opstand teen China se bewind. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters