5 maande gelede
China weer op die maan
AGTER: Die eerste beeld van die maan se donker kant. Foto: CNSA VIA AP  ~ 

’N CHINESE maantuig het Donderdag aan die donker kant van die maan geland. Dis die eerste keer dat so iets gedoen is en dit boost China se begeerte om ’n supermag in die ruimte te word.

Die onbemande Chang’e-4-tuig het 04:26 (SA tyd) geland.

Dit het toe ’n foto van die maan se nagkant na die Queqiao-satelliet gestuur vanwaar dit na die beheersentrum op Aarde aangestuur word, berig CCTV, China se staats­uitsaaier.

China spandeer tans miljarde aan sy militêre ruimteprogram. Hy hoop om teen 2022 ’n bemande ruimtestasie te hê en mense maan toe te stuur.

Dit is China se tweede onbemande ruimtetuig wat op die maan land ná 2013 se Yutu-maantuig-sending. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters