4 maande gelede
‘Cheesy pizza’ bevat 154 kase
Johnny di Francesco Foto: GuinnessWorld Records  ~ 

’N AUSTRALIESE pizza-sjef het die Guinness-wêreldrekord geslaan deur ’n pizza met 154 kaassoorte as toppings saam te flans.

Johnny di Francesco, ’n sjef by 400 Gradi in Melbourne, het die vorige rekord gehou met ’n pizza wat 99 kaassoorte op gehad het, maar hy het dit verloor toe iemand ’n pizza met 111 kaassoorte gebak het.

Di Francesco sê sy “cheesy pizza” was ’n hit onder die klante en hy’t 797 van hulle in net vyf dae verkoop. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters