3 maande gelede
Broenei wettig steniging
BAIE STRENG: Broenei se Omar Ali Saifoeddien-moskee. Foto: WIKIMEDIA  ~ 

BROENEI gaan van volgende week af mense stenig wat met iemand van dieselfde geslag of buite-egtelik seks het.

Die land se voorgenome toepassing van die sjaria is wyd gekritiseer.

Vanaf 3 April gaan mense in dié piepklein koninkryk in die suidooste van Asië aan drakoniese nuwe wette onderwerp word. Onder dié wette kan ’n hand of voet afgesit word as iemand gevang word steel. ’n Mens kan skuldig bevind word selfs net as ’n “groep Moslems” die oortreding gesien het.

Die laaste paar jaar het Broenei verder geneig na ’n meer konserwatiewe vorm van Islam. Die land het in 2013 gesê hy wil die sjaria instel. Dié Islamitiese regstelsel skryf erge lyfstraf voor. – theguardian.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters