4 maande gelede
Britse visums makliker
LONDEN: Brittanje is dalk ná Brexit weer vol geleenthede. Foto: WIKiMEDIA  ~ 

NÁ BREXIT op 29 Maart kan dit vir Suid-Afrikaners makliker raak om Britse visums te kry.

Ryan Rennison, immigrasie-kenner van Move Up UK Visa Solutions, voorspel dit sal ná Brexit (Brittanje se uittrede uit die Europese Unie) vir geskoolde Suid-Afrikaners makliker raak om ’n werkpermit en verblyfreg te kry.

“Al is SA se visumvrye status in 2009 opgehef, deal of g’n deal nie, het die voorbereidings vir Brexit die Britse werkpermit-landskap reeds aansienlik gewysig. Daar is tekens van nóg positiewe veranderings op pad,” sê hy.

Sowat 64 000 Suid-Afrikaners werk tans in Brittanje. – Traveller24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters