3 maande gelede
Britse artse kry groen lig
EINDELIK: Oral kom owerhede nou by oor die holy herb se nut.Foto: wikipedia  ~ 

BRITSE dokters sal wettiglik mediese cannabis kan voorskryf, het hul regering dié week ná ’n ondersoek aangekondig – maar die Britse regering hou vol dit is nie ’n eerste stap na die wettiging van dagga­gebruik vir ontspanning nie.

Sajid Javid, die minister van binnelandse sake, het besluit om die reëls te verslap rondom die omstandighede waaronder medisinale dagga aan pasiënte voorgeskryf mag word.

Dit volg op verskeie hoëprofielsake, insluitend dié van jong epilepsielyers wie se toestand blykbaar met die gebruik van cannabis-olie verbeter het.

Javid twiet: “Dit sal tot voordeel wees van siek pasiënte wat tans in stilte ly as medisinale cannabis op voorskrif beskikbaar gemaak word.” – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters