14 dae gelede
Brit oppie bôl op ysige meer
John Farnworth Foto: FACEBOOK  ~ 

’N BRITSE sokker-freestyler het ’n wêreldrekord opgestel toe hy 80 km oor ’n gevriesde Siberiese meer geloop het terwyl hy ’n sokkerbal met sy voete, knieë, bors en kop juggle.

Die 34-jarige John Farnworth het die bal 48 uur lank oor Rusland se Baikalmeer gejuggle. Dié bevrore meer is groter as ons buurland Lesotho!

Die motivering vir Farnworth se groot uitdaging was om geld in te samel vir kanker­navorsing. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters