15 dae gelede
Brakke beter cuddle buddies as mans
woef: Honde blyk nou nie ’n man nie, maar ’n vrou se beste vriend te wees.­Foto ter illustrasie:NETWERK24  ~ 

BAIE beslis nie nuus wat ’n man wil hoor nie.

Women24 berig luidens ’n Amerikaanse studie ervaar vroue wat ’n bed met ’n hond deel, minder disturbances deur die nag in vergeleke met vroue wat langs ’n man slaap.

Van die 962 vroue wat aan die meningspeiling deelgeneem het, het 55% van hulle hulle bed met minstens een hond gedeel.

“In vergelyking met vroue wat hulle bed met menslike partners deel, het vroue wat hulle bed met honde deel, gesê daar is veel minder steurnisse deur die nag as wat daar sou wees indien hulle ’n bed met ’n menslike partner sou deel,” lui die studie.

Die studie sê vroue wat met hulle honde slaap, het sterker gevoelens van comfort en sekuriteit.

’n Gebrek aan slaap lei tot ’n negatiewe uitwerking op ’n mens.

So, wat maak ’n mens as jy ononderbroke wil slaap en minder grumpy, veral in die oggende, wil wees? Kry ’n hond!

Angsvlakke

Huffington Post berig die interaksie met troeteldiere hou vir die mens gesondheidsvoordele in.

Luidens die artikel kan net ’n paar minute met ’n troeteldier jou angsvlakke verlaag en die vlakke van serotonien en dopamien in die liggaam verhoog.

Dié twee neurotransmitters speel ’n belangrike rol daarin om ’n mens kalm te hou en goed te laat voel.

’n Mens kan net wonder wat gaan volg, veral nadat die 43-jarige Wilhelmina Callaghan moeg geraak het van wag op Mister Right en toe sommer met haar troeteldier-brak getrou het.

Wilhelmina het ag jaar gelede afgehaak met haar yorkie, Henry, wat volgens haar ’n lewendige persoonlikheid het.

Sy’t besluit om met Henry te trou nadat sy uitgevind het dis deesdae moontlik om aanlyn met jou troeteldier te trou. Of sy nou ’n honde­lewe het, kan ons egter nie sê nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters