2 maande gelede
Bond ry nou met e-blits
ONTHUL: Aston Martin se elektriese kar word vanjaar gemaak. Foto: Newspress  ~ 

JAMES Bond (Daniel Craig) sal na verwagting in die volgende 007-fliek in die reeks met ’n ekovriendelike vuurwa ry.

Cary Fukunaga, die regisseur, beplan luidens berigte om die superkoel spioen agter die stuurwiel van ’n limited-edition GBP250 000 Aston Martin Rapide E te laat inskuif. Aston Martin gaan net 155 van dié elektriese voertuie maak.

Bang Showbiz berig die spoggerige ryding gaan tydens ’n hoogtepunt in die fliek in ’n intense aksietoneel gebruik word. Dis glo ook vol gadgets.

Die Rapide E sal aangedryf word deur ’n 800 V- elektriese battery. Die ingeboude kapasiteit sal 65 kWh wees, en die voertuig sal meer as 5 600 18 650-tipe- silindriese litium­ioon-selle hê. – Wheels24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters