2 maande gelede
Bob sy goed kwyt
 ~ 

TREKKERS, bakkies en stropers op die suiwelplaas van oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe gaan opgeveil word om sy skuld af te betaal, het die afslaers Donderdag aangekondig.

Mugabe, wat Zimbabwe 37 jaar regeer het, besit verskeie plase ondanks wette wat individue tot een plaas beperk.

Hy’s in 2017 uitgeskop ná ’n kort militêre oorname en opgevolg deur sy eertydse bondgenoot Emmerson Mnangagwa.

Mugabe en sy vrou, Grace, het glo kleinboere van hulle grond afgesit om die Gushungo-suiwelplaas in Mazowe op te rig en van geld te melk. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters