Verlede maand
Bielie kan jol minus die wol
Foto: FACEBOOK  ~ 

’N SKAAP in die ooste van Australië voel weer lus vir die lewe nadat 30 kg se skeersel ver­wyder is.

Graeme Bowden, ’n skaapboer, het pics van “Shriek 2” se wol aanlyn gedeel. Dit het tjop-tjop viral gegaan.

Hy sê ’n pel het die skaap met talle jare se ongeskeerde wol gevind. Nadat die dik woljas afgeskeer is, het dit ses keer meer wol as gewoonlik gelewer.

“Hy het 30 kg wol afgesny. Dit was 13 duim (so 33 cm) lank,” skryf Bowden op Facebook. Hy voeg by die skeersel was ongelooflik skoon. – Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters