Verlede maand
Barber babe is lus vir vis
Foto: INSTAGRAM  ~ 

HANNAH Barron van Alabama laat die sosiale media gons met haar visvangtegniek.

Die 23-jarige meisiekind in ’n bikini het ’n monster van ’n baber met haar kaal hande gevang.

In die video van die vangery hou ’n man haar bene vas terwyl Hannah onder die water verdwyn. Ná ’n ruk kom sy op uit die modderwater met die baber wat aan haar arm vasbyt.

Gelukkig het dié visse nie tande nie, maar hulle kan hulle bekke rek om ’n groot prooi af te sluk. – mirror.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters