2 maande gelede
Azawakh jongste brakras
’n AZAWAKH-REUNFoto: WIKIMEDIA  ~ 

’N VLUGVOETIGE brak uit Wes-Afrika is die jongste honderas in die American Kennel Club se lys erkende hondesoorte.

Die klub het Woensdag aangekondig die azawakh is nou die 193ste honderas in sy lys.

Dit beteken hulle mag aan hondeskoue deelneem, al kom hulle eers in 2020 in aanmerking vir die prominente Westminster Kennel Club Dog Show.

Die azawakh lyk elegant met sy lang bene en gladde pels, maar hy’s nie tingerig nie.

Hy’s tradisioneel ’n metgesel van nomadiese jagters in die Sahara-woestyn, asook die droë Sahel-streek, wat Mali, Burkina Faso en Niger insluit.

Azawakhs is bekend vir hulle spoed en lojaliteit aan hulle eienaars. Hulle is soms afsydig teenoor vreemdelinge. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters