15 dae gelede
Aussie-hel in perspektief
INFERNO: Brandbestryders in aksie in Nowra.  ~ AFP

MEER as die helfte van Australië verstik aan die rook. Die lug oor dié reuse-land het ’n oranje gloed terwyl die veldbrande Doer Onder die vasteland verteer.

Die brande het sedert September 2019 al 100 000 km² van die land verwoes. Dit is ’n gebied so groot soos die hele Suid-Korea!

Honderdduisende mense moes hulle woonplek ontruim en meer as ’n miljard diere het al doodgebrand. Droogtetoestande en rekordhoë temperature dra by tot die ongekende felheid van dié vlammehel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters