19 dae gelede
Argeoloë kry kinderoffers
Foto: REUTERS  ~ 

ARGEOLOË het by die opgrawings van die Chimú-kultuur in Huanchaco, Peru, op 227 lyke afgekom.

Volgens die argeoloog Feren Castillo is dit die grootste vonds van geofferde kinders ooit. Die kids – 4 tot 14 jaar oud – is aan die Chimú se gode geoffer.

Die kinderlyke is almal gevind met die gesig wat na die see se kant wys. Sommige lyke het nog hulle vel en hare.

Baie kinderoffers het In Huanchaco in die tyd van die Chimú-kultuur plaasgevind. Hierdie kultuur het sy hoogtepunt tussen die jaar 1200 en 1400 beleef. – NU.nl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters