5 maande gelede
Arend gee ou kwasi-kolhou
Skermgreep: RUMBLE  ~ 

’N KANADESE gholfspeler het ’n video gemaak van die oomblik toe ’n arend hom gehelp het om sy redelike shot in ’n hole-in-one te omskep.

Die gholfspeler sê hy het sy eerste ronde van die seisoen op die baan in die Vancouver-area gespeel. Die arend het op die tweede putjie se setperk geland en met die bal begin speel. Die clip wys hoe die arend speel en dan eindelik die bal in die putjie laat val.

“Al sê die gholfreëls ek moet dit terugsit (wat ek gedoen en die putjie gemis het), sal dit altyd my hole-in-one-storie bly,” skryf die ou. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters