Verlede maand
Aarde ál meer in sy tjops
SIES! Lugbesoedeling veroorsaak aardverwarming. Foto: WIKIMEDIA  ~ 

LAAS week was die konsentrasie koolstofdioksied (CO2) in die atmosfeer, vir die eerste keer in 800 000 jaar 415 dele per miljoen.

Wetenskaplikes het gemaan die vrystelling van koolsuurgas moet onder 350 dele per miljoen (dpm) gehou word om te keer dat aardverwarming gevaarlik raak.

Tog raak dit meer. Die hoogste vlak is op 3 Mei by die Mauna Loa Observatory in Hawaii gemeet. Ontledings in Antarktika wys die afgelope 800 000 jaar het die CO2-vlak tussen 170 en 300 dpm gewissel. Aktiviste sê die styging wys net weer ons moet ophou om fossielbrandstof te gebruik. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters