9 maande gelede
Wyndorp beperk tot 6B
StellenboschFoto: WIKIPEDIA  ~ 

GESIE van Deventer, burgemeester van Stellenbosch, het gesê hulle gaan ook van môre af vlak 6B-water­beperkings instel om te ver­seker hulpbronne hou langer.

Die munisipaliteit is sowat 50 km oos van Kaapstad en kry twee derdes van sy water van dieselfde bronne as die stad – via die Wemmershoek- en Theewaterskloofdam.

Woensdag was dié damme onderskeidelik 46,6% en 11,7% vol, het die Stad se bepalings gewys. Die sowat 167 572 inwoners van die munisipaliteit steun op die meer as 100 wynplase, landbou, toerisme en kleinhandelsektor om te oorleef. Baie studente woon ook hier. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters