8 maande gelede
Worcester-cops vat raak
YSTER: Die pistool is ge-bag en ge-tag. Foto: SAPD  ~ 

DIE Worcester-polisie het ’n man (30) Donderdag 00:40 in Romanstraat, River View, gearresteer ná ’n tip-off. Hulle het ’n ongelisensieerde 7.65 mm-pistool sonder ’n reeksnommer by hom gekry.

Toe die cops hom net voor sy arrestasie gewaar, het die ou die gun op ’n naburige perseel gegooi. Die cops het hom soontoe gevat en die gun in sy teenwoordigheid opgetel.

Hy sal in die Worcester-landdroshof verskyn.

  • In ’n ander voorval het polisielede verbonde aan die Worcester-kluster se Fiela-span ’n man (23) Woensdag aangekeer met 97 sakkies tik in sy besit. Die straatwaarde van die tik is sowat R2 500.

Hy sal in Bonnievale hof loop op dwelmklagte. – SAPD

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters