2 maande gelede
Vermeende omryer in hof
BAIL: Bruce Hendricks en sy kliënt Johan Steyn. Foto:Jenna Etheridge/ News24  ~ 

’N MOTORIS wil onskuldig pleit op ’n klag van poging tot moord nadat hy na bewering oor ’n sekuriteitswag in ’n parkeerarea gery het, het die Stellenbosch-landdroshof Vrydag gehoor.

Johan Steyn (38) van Kraaifontein het Vrydag sy eerste hofverskyning gemaak. Sy baard het ’n paar dae oud gelyk en hy het ’n jacket en jeans gedra.

Landdros Alaric Amos het borgtog van R2 000 toegestaan nadat Steyn se lawyer, Bruce Hendricks, aangevoer het hy hou g’n vlugrisiko in nie en sal die borgtogvoorwaardes nakom.

Steyn, eienaar van ’n besigheid wat geboue opknap en in stand hou, sê in ’n beëdigde verklaring hy moet uit aanhouding vrygelaat word om vir sy vrou en eenjarige seuntjie te kan sorg.– News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters