4 maande gelede
Reeksmoorde gee verdagte celeb-status
Chantell Mathyssen  ~ 

WELLINGTON se vermeende reeksmoordenaar was soos ’n bekende celebrity toe hy Vrydag in ’n stampvol Wellington-landdroshof verskyn.

Almal wou hom sien en oral kon jy hoor hoe mense skreeu: “Hang hom!” En: “Kyk hoe staan die vark, die vuil vullis wat hy is.”

Johan Williams (47), wat teregstaan op twee aanklagte van moord, twee van verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer, het duidelik die aandag geniet.

Soos wat die mense na hom geskreeu het, het hy terug geskreeu: “Maak my famous!”

Nathan Johnson, die staatsaanklaer, het dit aan die hof gestel dat daar nóg ’n klag van moord teen Williams gebring is buiten die moord op Chantell Matthysen.

Hy word nou ook aangekla weens die moord op Maria Isaacs.

Albei is na Wellington gelok met die belofte van ’n werksgeleentheid.

Williams se regsverteenwoordiger, Sarien Engelbrecht, het opgestaan en aan die hof gesê sy weet van die aanklagte teen haar kliënt.

Johnson het die staat vir uitstel gevra vir verdere ondersoek na die saak omdat daar ook nog ander aanklagte bygevoeg kan word.

Engelbrecht het ook bekend gemaak dat sy nie in dié stadium ’n aansoek om borgtog gaan bring nie.

Buitekant die hof was families en vriende van die slagoffers in rep en roer.

Melissa Louis, suster van Natalie Jonkers, wie se beendere ná ses jaar opgegrawe is nadat Williams uitgewys het waar hy haar begrawe het, sê sy kan nie glo Engelbrecht verteenwoordig Williams nie.

Louis sê: “Sy is dan self ’n vrou. Hoe kan sy hom verteenwoordig? Sy is ook ’n ma van kinders.”

Volgens Louis het die polisie reeds ’n monster van hul DNS geneem en wag hulle op die uitslae.

Sy sê: “Die polisie sê daar kan nóg lyke wees, so hulle wil eers seker wees dis wel my suster se bene.

“Dis vir ons hartverskeurend om te dink dit kan dalk sy wees.

Hartseer

“Ons het altyd bly hoop, want mense het altyd gesê hulle het haar in die dorp raakgesien.

“Maar die moontlikheid is groot dat dit sy kan wees, want hulle het op daardie pad geloop toe hulle op pad huis toe was.”

Katriena Isaacs, die mammie van Maria Isaacs, was net so hartseer buite die hof. Sy sê: “My hart is nog elke dag seer.

“Hoekom het hy my kind uitgelok en belowe dat hy haar ’n kantoorwerk gaan gee?

“Hy het geweet hy lieg en dat hy haar wil doodmaak.”

Chantell Mathyssen
Natalie Jonkers
MARIA ISAACS
KNORRIG: Johan Williams wil ’n fotograaf bykom wat hom probeer afneem. Foto’s: PETER ABRAHAMS
top dog: Spesiale adviseur van die minister van polisie, Lennit Max, het ook die saak bygewoon.
VERBAAS: Bettie Goodman, Wil­liams se landlady, is geskok oor als wat onder haar neus aangegaan het.
support: Talle organisasies woon die hofsaak by om die families en geliefdes van die slagoffers te ondersteun.
stampvol: Daar was nie plek vir ’n muis in die hof nie.
PYNLIK: Maria Isaacs se mammie, Katriena, buite die hof.

Williams verskyn op 11 September weer in die hof.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters