Verlede jaar
Pleitooreenkoms in moordsaak geopper
Winnie Rust FOTO VERSKAF  ~ 
PLEASE EXPLAIN: Nigel en Johannes Plaatjies is die beskuldigdes. Foto: Wesley Martin
Winnie Rust FOTO VERSKAF

DIE vermeende moordenaars van die skrywer Winnie Rust kan moontlik ’n pleitooreenkoms met die staat aangaan.

Presies ’n jaar nadat Rust (77) se vasgebinde lyk in haar huis in Wellington ontdek is, het Nigel Plaatjies (19) en sy oom, Johannes (35), Vrydag vir ’n voorverhoor in die Kaapse hooggeregshof verskyn.

Die twee staan tereg op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Nigel het al twee keer vir bail aansoek gedoen, maar albei aansoeke was onsuksesvol.

Hy claim sy oom het hom genader omdat hy druglords geld geskuld het.

Volgens Nigel het hy niks vooraf van die misdaad geweet nie.

Johannes se lawyer, Burger Brand, het aan regter Robert Henney aangedui dat ’n pleitooreenkoms oorweeg word.

Nigel se lawyer, adv. ­Bruce Morrison, moet egter nog met sy kliënt konsulteer.

’n Verdere voorverhoor sal op 2 Junie gehou word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters