7 maande gelede
Plakkers sat vir situasie
haglik: Riemvasmaak se inwoners is moeg van só lewe.Foto: basil davids  ~ 

ASHTON. – Inwoners van die plakkerskamp Riemvasmaak gaan gebuk onder ellende.

Die mense kla al langer as 10 jaar hulle het geen lopende water en ook nie toiletgeriewe nie.

Met die hewige donderstorm onlangs het die meeste van die mense se huise oorstroom.

Beddens het sopnat gereën en meubels is beskadig.

Een van die inwoners, Samuel Daniels (78), het aan Son op Sondag gesê hy kan nie dink dat die Langeberg-munisipaliteit nié vir hulle huise gaan bou nie.

“Ons leef onder moeilike omstandighede en nie eens die wyksraadslid vir wie ons gestem het, kom kyk na ons haglike omstandighede nie,” het Daniels gesê.

Nog ’n inwoner, Matty Fortuin, het vertel sy woon al 10 jaar hier in Riemvasmaak.

“Ons wag nou al sedertien daardie tyd vir huise, maar ander mense kry voor ons Hop-huise,” het Fortuin gesê.

Volgens haar het die munisipaliteit belowe hier in Riemvasmaak sal huise gebou word en dat inwoners goeie dienste sal ontvang.

Stanley Papa, voorsitter van die Economic Freedom Fighters in die Langeberg-streek, het gesê hulle beplan om binnekort ’n optog na die munisipaliteit te hou en sal dan hul griefskrif oorhandig aan die burgemeester, Henry Jansen.

Die munisipale woordvoerder, Matthew Sheldon, het ná vele probeerslae steeds nie op ons versoeke vir kommentaar gereageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters