2 maande gelede
Padprojek tydelik op ys
Padwerk voorFoto: google maps  ~ 

’N PADWERKPROJEK van die departement van vervoer en openbare werke (DVOW) tussen Ashton en Montagu is vertraag.

Die projek, wat R650 miljoen beloop, is op ys omdat Basil Read, die hoofkontrakteur, tans sakeredding ondergaan.

Die DVOW het laat weet hy sal ’n tussentydse kontrakteur aanstel om voort te gaan totdat ’n projekvoltooiingskontrakteur aangewys kan word. Die tussentydse kontrakteur sal vroeg in September aangestel word.

Die hele projek sal na verwagting in Julie 2020 voltooi word.

Jandré Bakker, DVOW se kommunikasiehoof, sê tot nou is sowat R31 miljoen op geteikende ondernemings bestee en sowat 80 000 persoonswerkdae geskep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters