10 maande gelede
Paarl-brand onder beheer
INFERNO: Dit brand in die Paarl. Foto: TWITTER  ~ 

’N ENORME brand in die Paarlse berge is in bedwang gebring, het die Drakenstein-munisipaliteit Vrydag aangekondig.

Riana Geldenhuys, munisipale woordvoerder, sê: “Daar was en is geen nodigheid om die area of huise te ontruim nie.”

Dit volg ná “aggressiewe” brandweer-aksies oornag ondanks sterk winde. Twee helikopters het die gebied Vrydagoggend met water bestook om seker te maak dis geblus.

Dit sluit plantasies ten noorde van die berg bo Rhebokskloof in, berig News24.

Twee grondspanne van 12 lede elk wat deur die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit gekontrakteer is, gee hulle steun aan die nooddienste.

Niemand is beseer nie en die cops stel ondersoek in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters