2 maande gelede
Oud Stellenbosch Mayor oorlede
willie ortell,stellenbosch
Voormalige Stellenbosch Mayor, Willie Ortell.  ~ Verskaf

DIE perfekte heer.

Dit is hoe Willie Ortell, voormalige burgemeester van Stellenbosch, beskryf word.

Ortell is Vrydag dood.

In ‘n verklaring sê die ANC: “Ortell kan geloof word vir sy respek vir oud en jonk, ryk en arm.”

Bruce Kannemeyer, voormalige munisipale bestuurder van die dorp, beskryf Ortell as ‘n ware kamerade en heer.

“Sy dood kom as ‘n skok. Ek het nagelaat om my respek te toon aan die sagte reus met my onlangse besoeke aan die Kaap.

“Ek sal nooit die vaderlike ondersteuning vergeet wat Ortell gebied het in van my donkerste ure.”

Faiez Jacobs, ANC sekretaris in die Wes-Kaap, het ook sy medelye met die familie van Ortell betuig.

Huldeblyke stroom intussen in vir die voormalige eerste burger van die Eikestad.

Die huidige burgemeester, Gesie van Deventer, sê op Facebook: “Ek het Ortell nie persoonlik geken nie maar net goeie dinge van hom gehoor. Ek eer en respekteer die nalatenskap wat hy gelaat het. My innige meegevoel aan sy familie. Mag sy siel in vrede rus.”

Miriam Adriaanse, raadslid van die Kaapse Wynlanddistriks-munisipaliteit, het ook haar medelye betuig. Sy onthou Ortell as kollega van haar ma, wyle Auntie Bokkie Claassen, wie ‘n raadslid in Drakenstein-munisipaliteit was.

Ortell, wie tussen 2002 en 2006 burgemeester was, sou in Oktober sy 90ste verjaardag vier.

Hy word oorleef deur sy vrou, antie Millie, en vier kinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters