8 maande gelede
My kleinseun is g’n killer – Oupa
toekoms: Winnie Rust het groot potensiaal in Nigel gesien. FOTO VERSKAF  ~ 
toekoms: Winnie Rust het groot potensiaal in Nigel gesien. FOTO VERSKAF
skuldig: Hans Plaatjies glo sy susterskind, Johannes (regs), is die eintlike kroek in die verhaal. Foto: peter abrahams
kap zip: Niemand by Nigel se posh voormalige skool wou iets oor hom sê nie. Foto: eldridge jason

WELLINGTON. – Al lyk dinge hóé donker, bly hy glo in die onskuld van sy kleinkind.

Hans Plaatjies is die oupa van Nigel Plaatjies, wat tans hof loop vir die moord op die bekende skrywer Winnie Rust.

Nigel en Johannes is in Desember daaraan skuldig bevind dat hulle Rust op 11 Mei 2016 in haar huis in die Uitsig-woonbuurt vermoor het.

Nigel was ’n belowende sportman wat sedert sy hoërskooldae finansieel deur Rust ondersteun is.

Maar Hans hou vol sy kleinseun is nie ’n killer nie.

By Son op Sondag se besoek aan Nigel se ouerhuis in die woonbuurt Egoli was oom Hans in die kokende hitte besig om die jaart skoon te vee dat die stof staan.

“Ek ken Nigel sedert hy ’n paar bakstene hoog was,” het die gryse oom gesê terwyl die sweet van sy spykertjappies afdrup.

“Nigel, sy ma en sy suster het hier by my kom bly toe hy (Nigel) nog baie klein was.

“Johannes is my susterskind en ek glo hy wat Johannes is, sit agter alles.

“Hy wat Johannes is, was maar nog altyd gruwelik.”

Oom Hans sê hy ondersteun Nigel waar hy kan.

“Ek het die hele week die hofsaak bygewoon en ons wag maar op die hof se beslissing.”

Nigel se ma, Andeline, was by Son op Sondag se besoek nie tuis nie.

Terwyl oom Hans nog aan die gesels was, het ’n jong meisie kom sê daar is ’n oproep vir hom.

By sy terugkeer het oom Hans gesê: “Ek het nou niks meer te sê nie.”

Jong mense van die buurt met wie Son op Sondag gepraat het, sê Nigel het nie eintlik met hulle gemeng nie.

“Nee, uncle, vandat Nigel mos saam met die whiteys begin skoolgaan het, het hy sulke mooi Afrikôns begin praat.

“Hy het nie met ons ge-worry nie,” het ’n jong meisie gesê wat onder ’n koelteboom lafenis gesoek het teen die genadelose Wellingtonse hitte.

By Nigel se vorige skool, Hugenote Hoër, was daar ’n traagheid te bespeur om oor hom te praat.

“Ek weet nie of daar enig- iemand is wat nog oor Nigel wil praat nie, maar ek sal by hulle luister.

“Selfs die hoof het hom (Nigel) nie geken nie,” was een van die sekretaresses se reaksie.

  • Nigel Plaatjies en sy oom Johannes se vonnisverhoor is tot 27 Februarie uitgestel vir die slotbetoë.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters