Verlede maand
Misdadiger soek sy geld by die polisie
Zandisile Sontashe Foto: KALLIE SMIT  ~ 

TULBAGH. – ’n Man wat vir ’n drug-klag deur die polisie gearresteer is, soek nou sy geld waarop daar beslag gelê is.

Zandisile Sontashe (39) se blyplek is sowat 18 maande gelede deursoek. Die polisie het drie en ’n halwe straws tik gekry en hom in hegtenis geneem.

Daar is ook beslag gelê op geld. Dit is nie voor Sontashe getel soos vereis word nie en daar is nooit enige bewys aan hom gegee nie.

Sontashe beweer die polisie het sy beursie met R4 000 kontant in en ’n boksie met R2- en R5-munte van tussen R6 000 en R7 000 gevat.

By Sontashe se arrestasie was daar nog ’n volle ses sake waarvoor hy voor die hof moes verskyn.

Die staatsaanklaer het toe met hom ’n ooreenkoms aangegaan en voorgeneem om vier van die sewe sake teen hom terug te trek as hy skuldig pleit op die ander drie.

Sontashe het toe maar ingestem.

Kwansuis

Hy sê een van die vier klagte wat teruggetrek is, is die een waarby die geld betrokke is.

Hy sê: “Daar is al hoeveel keer vir my gesê my geld is by die polisiestasie en ek gaan dit terugkry. As ek weer gaan navraag doen, is die beampte wat ek moet sien, kwansuis nie daar nie. Elke keer is daar ’n ander verskoning.

“Ek was al by die stasiebevelvoerder, kol. Charlie Meiring, en weer so onlangs as ’n maand gelede, maar hy kan nie vir my antwoorde gee nie.”

Meiring het nie gereageer op ’n versoek van Son op Sondag oor Sontashe se dilemma nie.

Sontaga Seisa, waarnemende nasionale woordvoerder vir die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê: “Geld en eiendom waarop beslag gelê word, moet behoorlik in die Saps-stelsel opgeteken word en vir veilige bewaring gehou word.

“Indien dit nie aan die staat verbeurd verklaar word nie, moet dit deur die regte prose­dure aan die wettige eienaar terugbesorg word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters