23 dae gelede
Kinders werk as guardjies
Kwaad: Manie Botha sê die kinders hoort in die skool.  ~ 

ROBERTSON. – Inwoners hier is smoorkwaad omdat kinders in skooltyd as taxi guardjies gebruik word.

Die mense sê behalwe dat die kids van ’n opvoeding weerhou word, maak die drivers van cheap kinderarbeid gebruik. En dis onwettig.

Manie Botha, ’n briesende gemeenskapswerker, sê hy sien nog elke dag hoe laities by die taxi’s se deure uithang en geld by passasiers collect.

Botha vertel hy het al van die kinders van die taxi’s gaan haal en hulle sommer self na hulle skole geneem.

Volgens Botha het hy ook al van die taxi drivers gekonfronteer.

“Dinge kan mos nie so aangaan nie. Die taxi drivers moet self die geld by hulle mense vat en nie van die kinders se goedkoop arbeid gebruik maak nie,” braak Botha gal.

“Die drivers gee nie ’n flenter om nie.”

Son op Sondag het twee laities by die taxi rank gevra of hulle guards is. Hulle het geantwoord hulle gaan skool, maar wel veral in AllPay-tyd help hulle ’n driver uit.

Sorg

Die laities sê hulle het die geld broodnodig omdat dit nie goed by hulle huise gaan nie.

Peter (12) sê weer hy het die skool gelos en maak genoeg geld op die taxi om vir hom en sy mammie te sorg.

“Ek sorg dat ek al van vroeg af by die taxi is,” vertel Peter.

’n Taxi larney het erken hulle gebruik van die kinders om guards te wees.

“Die kinders kom self vra vir werk dan help ons hulle uit,” het hy gesê.

Santos Adams van die Robertson Taxivereniging sê hy is bewus daarvan dat sekere taxi-eienaars gebruik maak van skoolkinders.

“Ek het al waarskuwings gegee.

“Indien ’n eienaar hom hieraan skuldig maak, kan sy permit ingetrek word.”

Adams sê die eienaars mag wel in vakansietye en oor naweke die kinders as taxi guards gebruik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters