Verlede maand
Houe oor steelplan: Ma treur oor seun se dood
Ma se smart: Annie Fortuin sê haar seun, Duane, kon darem sy vermeende killer identifiseer.Foto: Basil Davids  ~ 

ASHTON. – Duane Fortuin (29), wat onlangs vir dood agtergelaat is nadat ’n plaasboer hom na bewering aangerand het, het aan sy wonde beswyk.

Duane het Vrydag in die Tygerberg Hospitaal gesterf.

Sy mammie, Annie Fortuin, het vroeër aan Son op Sondag genoem wie die persoon is wat hom so aangerand het.

Kapt. Jeff Lekay, bevelvoerder van die Ashton-polisiestasie, het gesê die betrokke plaasboer sal vervolg word.

Lekay sê hy het polisiebeamptes opdrag gegee om die boer onmiddellik te ondervra.

Son het verlede week berig hoe Duane en sy tjommie Nishaan Fredericks (30) beplan het om teerpale op ’n plaas buite die dorp te gaan steel.

Fredericks het toe vertel die betrokke boer het hulle op heterdaad betrap.

Neergeval

Volgens Fredericks het hy en Duane weggehol, maar die boer het hulle beveel om stil te staan of hy gaan hulle skiet.

Volgens Fredericks het hy gesien hoe die boer ’n gun uitpluk en kort daarna het Duane neergeval.

Fredericks vertel verder hy het toe van die plaas af weggehol en weet nie wat verder met Duane gebeur het nie.

Duane is later tussen digte bosse op ’n verlate plek langs die Stormsvlei-pad gevind.

Volgens Fortuin het die cops vertel dat Duane in daardie stadium bewusteloos was.

Fortuin sê Duane is per helikopter na ’n hospitaal geneem waar dokters ’n noodoperasie op hom uitgevoer het.

Hy het ernstige breinskade opgedoen.

Sy aanvaller het hom na bewering met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan.

Annie sê Duane was darem nog in staat om te sê wie hom aangerand het voordat hy gesterf het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters