4 maande gelede
‘Hou op tampon-tax hef’
Universiteit Stellenbosch Foto: US  ~ 

DIE regskliniek van die Univer­siteit Stellenbosch beywer hom nou ook daarvoor om tampon-tax-geskiedenis te maak.

Hulle het die nasionale tesourie (NT) gevra om sanitêre produkte te voeg by die lys items waarop ’n mens nie BTW hoef te betaal nie.

Die kliniek het tampon-tax begin ondersoek nadat die NT die publiek se insette gevra het oor items waarop BTW opgehef kan word.

“Navorsing dui aan ’n gebrek aan toegang tot sanitêre ware – hoofsaaklik omdat dit so duur is – is ’n enorme probleem onder arm, weerlose en ge­marginaliseerde vroue in Suid-Afrika,” het Monja Posthumus-Meyjes gesê.

Sy is ’n prokureur by die regskliniek. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters