8 maande gelede
Hoof vies ná 90 matrieks druip
hoera! Matrieks van die Hoërskool Langeberg bokspring van blydskap. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Die Hoërskool Langeberg se hoof, Adrian Landman, was Vrydag glad nie in sy noppies nie.

Die skool se totale gemiddelde slaagsyfer is dié jaar net 62%. Dit is aansienlik swakker as die vorige jaar se 79,5%.

Daar was 90 druipelinge in totaal.

Gister het die matrieks wat wél die eksamen deurgekom het, hoog in die lug gespring.

Die leerders wat dit nie gemaak het nie, het nou kans om aansoek te doen vir die hereksamen.

Sune Ficks (17) is hoogs in haar noppies.

“Ek het geweet ek gaan deurkom en gaan nou in ’n besigheidsrigting studeer,” het sy vertel.

’n Opgewonde Jannezene Tieras (18) gaan chemiese ingenieurswese studeer.

Nawaal Nylstroom is die dux-leerder.

Sy het vier onderskeidings behaal.

Nylstroom gaan geologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters