5 maande gelede
Hoof in hof oor hy onnie glo ‘afstof’
 ~ 

ASHTON. – ’n Hoof van ’n skool in dié dorp het Dinsdag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van aanranding.

Die hoof het na bewering een van sy onnies in 2017 voor die leerders in sy klas aangerand.

Gister het die betrokke onnie vir Son op Sondag gesê hy weet nie hoekom die saak so lank gesloer het nie.

’n Ingeligte na aan Son op Sondag sê die hoof wou als toesmeer en die gemeenskap het eers Dinsdag hiervan bewus geraak toe die betrokke hoof by die hof gesien is.

“Ons as ouers was baie geskok toe ons verneem die hoof na wie ons opsien, het vir aanranding in die hof verskyn,” sê die ouer.

Getuig

Volgens die ouer weet die ander ouers nog nie waaroor die aanranding op die onnie gegaan het nie.

Van die ouers sê die betrokke onnie wat aangerand is, is ’n ge­respekteerde onderwyser.

Dinsdag het die klaer begin getuig, maar die hoof is nog nie gevra om te pleit nie.

Mellicent Merton, woordvoerder by die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê die voorval is by hulle kantoor aangemeld en dit word nog gehanteer.

Die saak is tot 8 April uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters