4 maande gelede
Henri rits rond voor môre
OP PAD: Henri van Breda en sy girl. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

HENRI van Breda, die beskuldigde in die opspraakwekkende driedubbele Stellenbosse bylmoordsaak, is Dinsdag by die Lanseria-lughawe in Gauteng opgemerk voordat hy saam met sy girlfriend, Danielle Janse van Rensburg, Kaapstad toe gevlieg het.

Luidens berigte het dié twee voor sy hofuitspraak by sy familie in Gauteng gaan kuier.

Daar is vroeër berig Van Breda sal môre in die Wes-Kaapse hooggeregshof hoor wat sy lot is nadat die saak vanaf 23 April uitgestel is sonder dat ’n rede gegee is.

Die 23-jarige Van Breda het onskuldig gepleit en ontken hy’t sy ouers en broer met ’n byl doodgekap, sy suster erg beseer en probeer om die gereg te dwarsboom. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters