5 maande gelede
Grondhervorming sloer
in visier: Die regering wil grond vat. Foto: WIKIPEDIA  ~ 

GRONDHERVORMING gaan so stadig voort in Suid-Afrika dat net die huidige eise 178 jaar sal vat om af te handel as die regering teen dieselfde tempo voortgaan.

Só het prof. Ruth Hall van die Instituut Plaas Donderdag by ’n grondhervormingsdebat gesê. Die debat is deur die Universiteit Stellenbosch se sakeskool gereël. Plaas, ’n grondregtenavorsingsinstituut, is by die Universiteit van Wes-Kaapland gebaseer.

Die debat kom in ’n tyd waarin die parlement besluit of hy die Grondwet gaan wysig sodat die staat die mag sal verkry om grond sonder vergoeding van huidige eienaars te onteien. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters