2 maande gelede
Dronk ou dodge ’n bullet
KRY NOU CLOSURE: Chalmane Kruger en haar ondersteuners verlaat die hof ná afloop van die verrigtinge. Regs is haar regsverteenwoordiger, Andalé Ben­jamin. Foto’s: ELDRIDGE JASON  ~ 
erken: William le Cordeur sê in sy pleit­ooreenkoms hy was lekker dronk en kon nie styf raak nie. FOTO verskaf
SIDE BY SIDE: Zander Kruger ondersteun sy ma, Chal­mane, by die hof.
KRY NOU CLOSURE: Chalmane Kruger en haar ondersteuners verlaat die hof ná afloop van die verrigtinge. Regs is haar regsverteenwoordiger, Andalé Ben­jamin. Foto’s: ELDRIDGE JASON
les: Chalmane Kruger sê sy wil hê ander vroue moet moed kry en uitpak.

STELLENBOSCH. – Danksy ’n pap voël is hy vandag nie ’n tronkvoël nie.

William le Cordeur van die Paarl het vandeesweek danksy ’n pleit­ooreenkoms tussen sy regspan en die staat net-net tronkstraf vry­gespring.

Drie seksverwante aanklagte het Le Cordeur (58) aanvanklik in die gesig gestaar.

Die staat, verdediging en slag­offer het egter ooreengekom om die eerste twee aanklagte te laat vaar.

Volgens dié twee klagte moes die slagoffer die beskuldigde afsuig en het hy sy vinger in haar anus gedruk.

Le Cordeur moes skuld erken op die derde aanklag teen hom – onsedelike aanranding.

Streeklanddros Fezile Tonisi het Le Cordeur Woensdag hiervoor drie jaar tronkstraf opgelê.

Dié straf is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat Le Cordeur vir vyf jaar sielkundige behandeling moet kry.

Die skuldigbevinding spruit uit ’n voorval op 2 Desember verlede jaar.

Le Cordeur het die voormalige operasangeres Chalmane Kruger ongeveer 22:30 by haar huis in Klapmuts gaan oplaai.

In sy pleit­ooreenkoms met die staat erken Le Cordeur hy het Kruger (52) na sy huis toe gevat.

Volgens sy pleitooreenkoms het hy heelwat doppe weggeslaan en Kruger na sy kamer genooi. Daar het hy hom kaal uitgetrek.

“Ek onthou dat ek myself uit­getrek en die klaer probeer soen het.

“Ek erken die klaer (Kruger) was nie gelukkig met my toe­naderings nie, maar ek het voort­gegaan om haar te soen.”

Volgens Le Cordeur se pleitooreenkoms het hy voort­gegaan om Kruger te vra om met hom seks te hê, maar hy sê hy kon weens sy diabetes nie styf raak nie.

“Ná verskeie pogings om haar (Kruger) te penetreer, het ek gestop en haar die volgende oggend (3 Desember 2017) 02:00 huis toe geneem­.

“Ek erken dat – toe die klaer haar bene toehou – ek nie met my pogings moes voortgaan nie en dat sy my nie die reg gegee het om so op te tree nie.”

Le Cordeur is sedert 2007 ’n operasionele bestuurder by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) en was voor dit 16 jaar lank ’n polisieman.

Volgens sy pleitooreenkoms het hy en Kruger ’n affair gehad toe sy nog by Sars gewerk het.

Uitspraak

Le Cordeur het dié verhouding beskryf as een “gevul met omstredenheid en stryery, veral wanneer ek gedrink was”.

Tonisi het in sy uitspraak gesê Le Cordeur se daad word in ’n ern­stige lig beskou.

Die landdros het aan die oortreder gesê: “Jy kry nog ’n kans as gevolg van die ooreenkoms tussen die verdediging en die staat.

“Maak gebruik van hierdie kans, want sulke oortredings lei gewoonlik tot tronkstraf.”

Clarence le Cordeur, wat sy broer as lawyer verteenwoordig het, wou ná afloop van die hofsaak nie veel sê nie.

“Ons gaan nie enige verklaring uitreik nie.

“Ons berus ons by die hof se uitspraak,” het hy gesê.

Buite die hof het verskeie ondersteuners Kruger omhels.

“Ek is veral bly oor die sielkundige hulp wat hy (William) nou moet ondergaan,” het sy verheug gesê.

“Daardie man het ’n obsessie met my,” het sy by­gevoeg.

“Deur hom moes ek my goeie werk by Sars prysgee om van hom weg te kom.

“Ek wil net hê ander vroue wat hulle in soortgelyke situasies bevind, moenie in stilte suffer nie.

“Hulle moet alles moontlik doen dat geregtigheid geskied.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters