3 maande gelede
Beter diens gou op pad na Grabouw
belofte: Nomafrench Mbombo sê hulle gaan met die inwoners saamwerk. Foto: MELINDA STUURMAN  ~ 

DIT lyk asof Grabouwers se gemoan oor beter gesondheidsdienste nou vrugte gaan afwerp.

’n Vergadering is onlangs met die gemeenskap gehou waar die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, en senior gesondheidsbeamptes die inwoners toegespreek het.

Die uitkoms van dié vergadering is ’n verbeteringstrategie wat op die Grabouw-daghospitaal en omliggende areas sal fokus.

Die provinsiale gesondheidsdepartement sê hy besef Grabouw is vinnig aan die uitbrei en hoewel daar tans planne beraam word om die huidige daghospitaal uit te brei, is daar intussen op die volgende besluit:

– die huidige infrastruktuur gaan gereconfigure word om ’n 24-uur-per-dag-noodgevaldiens op die perseel te skep;

– die nuwe noodgevaldiens gaan saamval met die aanstelling van meer personeel, wat meer dokters, verpleegsters en traumapersoneel sal insluit;

Verleng

– dié noodgevaldiens gaan tot voordeel van pasiënte wees omdat dit die druk op die huidige kapasiteit van die daghospitaal sal verlig; en

– die huidige daghospitaal sal ook die ure van sy lewering van primêre gesondheidsorgdienste verleng na 07:30 tot 19:00 in die week en hy sal Saterdae tot 13:00 oop wees.

Die departement sê hy sal ook gesprekke met die boere van omliggende plase voer om plaaswerkers se vermoë te verbeter om van home-based care­givers gebruik te maak.

Beloftes is ook gemaak dat die maternity-dienste by die daghospitaal gaan verbeter, met groter ruimte vir die kraamafdeling ook in die pyplyn.

“Ons wil die inwoners van Grabouw daarvan verseker dat ons ernstig is oor kwaliteit en om persoon-gesentreerde dienste te lewer.

“Dit is hoekom ons met inwoners en alle relevante rolspelers vergader het om die verbetering van ons strategie te bespreek. As hierdie strategieë geïmplementeer word, gaan die inwoners ’n verbetering sien,” het Mbombo beloof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters