2 maande gelede
DA panic en reageer met niks antwoorde
DA Kaapse metro
Bonginkosi Madikizela, provinsiale DA-leier, (middel) saam met Thomas Walters (links), adjunk-voorsitter van DA federale raad, en Grant Twigg (regs), voorsitter DA Kaapse metro.  ~ 

TERWYL Patricia de Lille dalk haar laaste toespraak as burgemeester van die Stad Kaapstad gelewer het, het die DA fyn poepies gegee – uit vrees dat die antie dinge gaan kwytraak wat sy nie moet nie.

Daar was ’n sug van verligting van talle DA-lede toe Antie Pat met “God bless” afsluit. Die DA-voorsitter in die Stad moes kort daarna kamerverlaat en by sy terugkeer het die poppe gedans.

Die hoofsweep moes verskoning vir sy kollegas maak, maar Shaun August doen toe die DA in en vertel hy kan nie meer met van die rassiste in die party nie – “Ek bedank!”

Kort op sy hakke was Suzette Little, Siyabulela Mamkeli, Thulani Stemela en Greg Barnado. Hulle verwys ook na rassisme, boelie en intimidasie.

Dis onseker of August takties was of ’n bietjie broederliefde aan sy voormalige kompetisie vir provinsiale leier getoon het. August het niks slegs te sê gehad van Bonginkosi Madikizela nie – behalwe om te reveal daar’s baie meer liefde as wat ons sien tussen Madikizela en sy kabinet-kollega, Nomafrench Mbombo.

August verwys na meetings en e-posse met onder andere James Selfe en Mmusi Maimane. Die DA kap terug met “ons is ’n diverse party”.

Dis waar, maar die reaksie beantwoord nie die uitlatings dat individue rassisties is en dat daar lede is wat ander intimideer en boelie nie.

Die DA is gou om te skreeu hy is ’n diverse party, maar net ’n paar maande gelede het die einste party ’n diversity klousule aanvaar.

Die cherry op die koek is Maimane, wat Vrydag gesê het: “Is dit toeval dat hulle besluit die DA is rassisties noudat die vyf geïmpliseer word in die Bowman-verslag?”

Askies, maar sit Maimane met ’n derde Bowman-verslag? Want die vyf se name is nie in die twee verslae wat deur die regsfirma ingedien en wat die Kaapse Stadsraad aanvaar het nie. Of word die DA-leier blindelings ge(mis)lei?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters