2 maande gelede
Vang alle shine by sun met
yskoningin: Dié silwer rok van Et­seleC Design and Beauty is elegant en stylvol. Daarby rond die groot diamant-oorbelle die prentjie perfek af.  ~ 

A S JY na die Sun Met toe gaan en jy het nog nie ’n perfekte uitrusting nie, moenie bekommerd wees nie, hier is ’n paar idees wat jou kan help.

Die Sun Met is een van die grootste mode-gebeure op die kalender. As jy soontoe gaan, moet jy dus seker maak jy skitter daai dag.

Die tema vanjaar is kosbare metale – dit sluit jou goud, koper en platinum in. Hierdie is ’n baie luxurious tema en ek weet sommer nou al mense gaan extra wees.

Met ’n tema soos hierdie moet jy niks terughou nie. Gaan groot!

Sit blinkers in jou hare, hang groot oorbelle aan jou ore, kry ’n blink sak en maak seker jou make-up komplementeer jou outfit.

Onthou, dames, dit gaan nie baie slim wees om hemelhoë hakke by die Met te dra nie. Gaan eerder vir ’n gemaklike blokhak of ’n veilige wedge. Jou hakke sal wegsink in die sand.

Die suksesvolle stylist Celeste van der Vyver van EtseleC Designs and Beauty het vir ons ’n paar uitrustings gestuur wat perfek gaan saam met hierdie jaar se tema.

Hier onder is drie looks wat ons aanmekaar geslaan het. 

Elegant: Hierdie rose gold rok van EtseleC Designs and Beauty sal koppe by die Met beslis laat draai.
sexy: Die oulike rose gold rokkie van EtseleC Beauty and Design is perfek vir veral die Kaapse weer hierdie tyd van die jaar.
yskoningin: Dié silwer rok van Et­seleC Design and Beauty is elegant en stylvol. Daarby rond die groot diamant-oorbelle die prentjie perfek af.
‘rose gold’: ’n Hangertjie en oorbelle soos dié kan jou uitrusting meer laat uitstaan as jy nie dapper genoeg is om ’n blink rok te dra nie. foto verskaf
flambojant: Moenie skaam wees om ’n blink headpiece soos hierdie te dra nie.
gemaklik: ’n Blink paar blokhakke soos hierdie is ’n beter opsie as spykerhakke.
tikkie kleur: Kry ’n paar oulike oorbelle soos hierdie om jou outfit oemf te gee.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters