4 maande gelede
Somer is op pad!
Foto’s:getty images  ~ 
Foto’s:getty images

DIT het mos die week in Yankland gegons van ál die modepoppies en ontwerpers wat daar toegesak het vir die jaarlikse New York Fashion Week.

Die wêreld se top-ontwerpers, soos Ralph Lauren, Michael Kors, David Tlale, Marc Jacobs en Calvin Klein het hul ontwerpe oppie loopplank afgeshow.

Die reeks wat egter die meeste vir my uitgestaan het, was dié van die Duitser Marcel Ostertag.

Sy reeks het die meeste van die mode trends bevat wat hierdie somer gaan ruk.

As jy dié somer wil trendy wees, moet jy weet hoe om jou helder kleure saam met jou pastels te dra. Dít is as jy nie dapper genoeg is om geheel en al getooi te wees in dié bold kleure nie.

Jy moet seker maak jy het mesh-items in jou kas en as jy super extra wil wees, maak doodseker daai mesh-items het groot blompatrone op.

En Ostertag se ultimate wenk vir die somer is om koel, matching items/suits te dra.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters