3 maande gelede
Rokke laat koppe draai
wys been: Eva Longoria blom in ’n Alberta Ferretti-ontwerp. Foto’s: eonline.com  ~ 

DIT is mos binnekort matriek­afskeid-seisoen en ek het dit goedgedink om julle ’n bietjie inspirasie te gee sommerso reg van die rooi tapyt af.

Dit was dié week die jaarlikse Cannes-filmfees en die rokke wat die celeb-vroue op die rooi tapyt gedra het, is perfek vir daai baie belangrike aand in ’n girl se lewe.

Baie van die celebs het die koppe laat draai met hulle uitrustings.

Hier is van my guns­teling looks by die geleentheid. 

queen: Aja Naomi King is vroulik in dié perskekleurige rok.
wys been: Eva Longoria blom in ’n Alberta Ferretti-ontwerp. Foto’s: eonline.com
elegant: Hailey Clauson skitter in ’n blink Ralph & Russo-rok.
in goud: Lady Victoria Hervey het baie aandag getrek in dié gold-plated ontwerp.
godin: Aishwarya Rai het uitgestaan in haar blink rok met die een mou.
Drama: Josephine Skriver is fierce in ’n donker, embellished rok met ’n sleep.
Tydloos: Selena Gomez lyk eenvoudig dog stylvol in haar klassieke wit Louis Vuitton-satynuitrusting.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters