7 dae gelede
Haal jou dungas uit
cool: So reg uit die 90’s!  ~ 

HOE klassiek is die denim dungaree? Of dit nou baggy is of styf sit!

Dis tydloos en het al in en uit die mode gegaan, maar is altyd iewers op die horison.

As jy een in die kas het, kan jy verseker wees dis nou een item wat nooit uit die mode sal gaan nie. Jy kan hom ook deur ál die seisoene dra.

Die styl was baie populêr in die 1990’s. Jy kan kies net hoe jy dit wil dra.

Hier is ’n kykie hoe die immer­gewilde dungaree gedra word om elke keer gatskop cool te vertoon. 

cool: So reg uit die 90’s!
oulik: Denim op denim is elke keer ’n wenner.
pers: In die winter werk dit nét so prakties.
gemak: Swanger vroue kan ook daarby baat.
Met boots: Hierdie kortbroek met die jas is ’n wenner.
lyne: Die strepe gaan perfek met die rok.FOTO’S Verskaf
los broek: ’n Hemp gee die styl ’n ietsie ekstra.
koue: Die serp en keps maak dit ’n warmer outfit wat werk vir die wintermaande.
riri: Rihanna rond dit met ’n jacket af.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters