27 dae gelede
Een rok om vyf looks te rock
eenvoudig: Ek het die velour slip dress teen R99,99 by mrp.com gekoop.  ~ 

EEN rok en vyf verskillende maniere om dit te rock.

Ek het so ’n maand gelede dié eenvoudige velour slip dress by mrp.com gekoop.

Die idee is om julle te wys hoe om die rok vir vyf verskillende dae aan te trek en elke keer anders te lyk.

’n Swart slip dress is een van die items wat jy net in jou kas móét hê.

Jy kan nie verkeerd gaan met hom nie, maak nie saak wat die geleentheid is nie.

Ek weet ek sê dit tot vervelens toe, maar jou bykomstighede gee jou outfit die X-faktor.

Seker

Met die regte bykomstighede saam met hierdie slip dress kan jy reg lyk vir ’n sexy date night, ’n vinnige mall-uitstappie saam met vriendinne, ’n werkonderhoud en selfs ’n kerkdiens.

Jy hoef nie eens nuwe bykomstighede te koop nie, want ek is seker daar is reeds ’n hele paar bruikbare items in jou kas.

Hier het ek vir jou ’n paar maklike looks saamgestel wat jou eenvoudige slip dress na ’n hoër vlak en die volgende geleentheid sal neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters