Verlede maand
Winley hou konsert
HET ’n PLAN: Winley Wheat hou binnekort sy eerste konsert.FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIE groot dag vir die gospelsanger Winley Wheat breek oor minder as ’n maand aan.

Winley hou dan sy heel eerste gospelkonsert.

Die 25-jarige Winley is oorspronklik van die vissersdorpie Hawston en woon tans in Beacon Valley, Mitchells Plain.

“As dit nie vir die Here in my lewe was nie, weet ek nie waar ek vandag sou gewees het nie.

“My liefde vir die werk van die Here het by die kerk begin en ek is dankbaar vir my pleegouers, apostel André en Raquel Stroud, wat my so grootgemaak het.

“Ek hou daarvan om die Here te loof en te prys, want God het wonders in my lewe gedoen.”

Siel

Hy sê hy is baie opgewonde oor sy eerste konsert, maar ook ’n klein bietjie nervous.

“My vertroue is in die Here. My eerste lied is ‘My siel sê ja’. Dis vir my so lekker om saam met die talentvolle producer Mark Melodik en kunstenaars soos Joshua Wakefield te werk.

“Dis ’n begeerte van my hart om aan ’n album te werk en ek vertrou die Here sal my daarmee help.”

  • Die konsert word op 25 Mei in die Petra Life Church in Mitchells Plain gehou. Dit begin 17:00 en die kaartjies kos R80.

Die gaskunstenaars sluit Marcia de Bruyn, Lisa Stroud en Joshua January in.

Bel Winley by 067 220 9385 vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters