8 maande gelede
‘Werk tog saam’
DANKBAAR: Van links is August van der Westhuizen, Sophia Francke (Shaun Francke se ma), Gerty Ryan en Varonica Meyer. ’n Konsert ten bate van Shaun is gehou. Foto: ROBIA JOSEpH  ~ 

‘KOM ons verheerlik sy Naam dié jaar!”So praat die “Pinkster-mamma” Gerty Ryan van Klapmuts.

Ryan sê dit het tyd geword dat gospelsangers saamwerk.

“Ons kan ’n verskil maak, maar dis net sy liefde wat alle vrees laat verdwyn. Deesdae gaan dit oor die sanger self en nie meer oor die Here nie.

“Laat ons kom nederig word en God in alles vertrou.”

Ryan, wat vanjaar 27 jaar in die gospelbedryf is, is bekend vir haar treffer “God Soek ’n Man en Vrou”.

“Alles is net Genade van Bo. Dit het my hart laat warm klop verlede Sondag by Shaun Francke se heal­ing-konsert om te sien hoe ons mekaar ondersteun.”

Hospitaal

Francke, ’n bekende in die plaas­like musiekbedryf, is onlangs ernstig beseer in ’n motorongeluk in Delft.

“Dankie aan past. Francis van die Tabernacle Full Gospel-kerk, apostel Cloete, bishop Manny van Niekerk en bishop André Horne.

“Hou aan bid vir Shaun. Hy sterk mooi aan in die hospitaal.

“Ek wil uit my hart dankie sê vir al die kunstenaars wat opgetree het, dit was weereens ’n bewys ons kan saamwerk. Ons beplan dié jaar ’n konsert met die gospelsangeres Ntokozo­ Mbambo en gaan meer uitreik, veral na gebroke vroue in ons gemeenskappe.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters