4 maande gelede
Warm klanke op ’n chilly aand
diep wortels: Dillon April bied vanaand ’n konsert aan.FOTO VERSkaf  ~ 

ALLE gospel-weë lei vandag na Macassar vir ’n lekker fees.

Dit is waar Dillon April sy gospelkonsert, Back to the Roots, langs die Valsbaaise kus sal aanbied.

April, wat van Kuilsrivier is, vertel hy speel die baskitaar en klavier al van ’n baie jong ouderdom af.

Hy sê hy het destyds al geweet wat Here se planne met sy lewe is.

April vertel: “Die Here het my hoop gebied. My lewe was doelloos sonder Hom.

“In moeilike tye is die Woord van die Here my anker en bron van krag.

“Ek het in die huis van die Here grootgeword – een waarvan my pa ook die pastoor is.”

April sê Israel Houghton en Neville D inspireer hom en sy musiek is ’n boodskap van hoop.

“Ek het ook baie by Emo Adams en Shaun de Vries oor die musiekbedryf geleer.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring. Die gehoor kan maar gereed maak vir musiek vol inspirasie.”

Gasmusikante

Die konsert begin 18:00 in die saal van die Sekondêre Skool Macassar en toegang is R40.

Die gasmusikante is Lance Rhoda, Zami Mdingi, Yazied Abrahams, Tamia Williams, Roderick Mckay, Hyram Doolings, August West en Sammy Banda.

Die spesiale gasmusikant is Brendon Adams – ál die pad vanaf Amerika.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters