Verlede maand
Virus ‘gaan ook verval’
bly veilig: Androlene Killian glo Covid-19 het ’n vervaldatum. FOTO VERSKAF  ~ 

‘WEES sterk. Die virus het ’n vervaldatum,” sê Androlene Killian van George.

“Net soos dit nie vir my as enkelouer makik is nie, is die tyd waarin ons nou leef nie maklik nie,” vertel die boorling van Steytlerville.

Killian het haar hart oopgemaak, want sy wil met ander deel dat hulle deur die krag van die Here tot alles in staat sal wees.

“Ons is somtyds so geneig om ons met ander te vergelyk, en dít terwyl die Here ons almal uniek geskape het.

Juig

“Ek is dankbaar vir wat die Here in my lewe gekom doen het.

“Daarom juig my siel, want die Here is so getrou.”

Killian vertel verder sy ken van swaar tye, maar sy het geleer elke probleem het ’n vervaldatum.

“Ons leef nou in die tyd van Covid-19, maar ek weet dit sal ook verbygaan. Wees sterk en vol moed; ons sal die stryd oorwin.

“My gunstelingvers in die Bybel is Jeremia 29:11, wat lui die planne wat die Here vir jou het, is ’n hoopvolle toekoms.

“Die Here is in beheer, so Hy sal nie toelaat dat iets op jou pad kom wat jy nie kan hanteer nie.

“Die gospelliedere ‘When I Remember What the Lord has Done’ en ‘Great is Your Mercy’ het my lewe verander. Die Here is genade,” vertel sy.

Killian is betrokke by die Built on the Rock-kerk in George.

“Ek probeer altyd om mense reg te treat, want ek dink altyd hoe die Here sou opgetree het.

“Ntokozo Mbambo se musiek inspireer my baie, veral deur moeilike tye.

“Bly veilig en bly by die huis en onthou: Jy is nooit alleen nie. Die Here is altyd daar.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters