14 dae gelede
‘Vind, leef sý doel’
Opdrag van bo: Kaylee Roberts het ’n nuwe single uit. FOTO VERSKAF  ~ 

GOD het gepraat en sy het geskryf.

Die gospelsangeres Kaylee Roberts vertel op 26 Junie 2018 het sy die stem van die Here gehoor. Hy het gesê: “Spreek my woord, spreek my woord.”

Exactly twee jaar later is Roberts, van Mitchells Plain, baie opgewonde oor haar jongste sin­gle, “Speak My Word”. Sy het dit saam met haar man geskryf.

Die sangeres vertel: “Die woorde van die lied lui: ‘Wees nie bevrees nie, Ek is by jou, jy moet net glo.’

“Ek wil die Woord deur sang verkondig en ek wil God die hele dag deur prys.

“God het gepraat en die see het bedaar; daarom moet ek nou in gehoorsaamheid wandel.”

Roberts sê die Here wil hê die mens moet vasstaan in geloof, veral in nou met die corona-virus.

“Bly vertrou, al lyk dinge hóé onseker en onmoontlik.

“Al sien jy nie nou die uitkoms nie, staan vas en lees sy Woord. Die Here gaan vir ons deurkom.

“In die lockdown het ek geleer om ten volle op die Here te vertrou en my familie en vriende te waardeer.

Ek het ook geleer om geduldig te wees.”

Roberts was lank stil in die musiekbedryf.

“Ek het intussen getrou. Die break was nodig. In dié tyd het ek nader aan die Here gegroei.”

Sy is ook besig om te studeer om haar geestelike lewe te verdiep

“Spr. 3:5 sê: ‘Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Hy sal jou weg bepaal.’

“Een ding weet ek vir seker: God het ’n spesifieke doel met ons almal. Vind dit en leef dit uit.

Geanker

“Baiekeer wil ons weghardloop van die Here af, maar sy groot liefde trek ons weer nader aan Hom.

“Deur moeilike tye is God my toevlug. Hy alleen is my middelpunt. Ek is geanker in sy Woord.”

Roberts sê haar boodskap aan die jeug is om eerste die Here te soek. Ál die ander dinge sal vir jou bygevoeg word.

“Jy is geliefd en jou lewe het ’n doel.”

Roberts is ook vir ’n paar dinge in haar lewe dankbaar.

“Ek is dankbaar vir Ezra, my man, en Jordan Roberts, wat altyd daar is om my aan te moedig.

“Ek is ook so dankbaar vir ’n ongelooflike bestuurder, Nurden Cross, wat my ondersteun om ’n sukses van die musiekbediening te maak.

“Ek was bevoorreg om met die producer Jeremy Koeries saam te werk aan my single.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters